Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, oor leerprobleme by kinders.
↧
Groeipyne
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met Wietske Boon, 'n spelterapeut, oor toiletafrigting en hoe om jou kind daarmee te help. Wanneer begin jy, en hoe weet jy wanneer jou kind gereed is daarvoor?
↧
↧
Groeipyne
Johan van Lill gesels met onderwyskenner Frieda Wilkens oor hoe om jou kinders lief te maak vir boeke en lees. Watter rol speel boeke in 'n wêreld waar kinders heeldag met tegnologie omgaan?
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met dr. Etienne van der Walt, 'n neuroloog, oor die impak wat tegnologie op kinders se breinontwikkeling het. Mag 'n kind byvoorbeeld langs 'n selfoon wat laai, slaap. En het opvoedkundige sagteware regtig die kognitiewe impak wat dikwels daarmee beloof word?
↧
Groeipyne
Johan van Lill kyk na die rol van reëls in die huis. Daar is nie baie mense wat nie van reëls hou nie, maar dit bly 'n lewensfeit dat gesinne nie daarsonder kan funksioneer nie.
↧
↧
Groeipyne
Johan van Lill kyk na trauma en hoe gesinne dit moet hanteer. Kapings, molestering, sterftes en kinders wat wegloop, is deel van gesinne en families se alledaagse lewe. Hoe kan 'n gesin gehelp word met trauma? Die kenner is pastorale terapeut dr. Deon Bruwer.
↧
Groeipyne
Die winkelrakke is vol opvoedkundige apparaat. Johan van Lill vind uit watter apparaat 'n mens voor moet uitkyk, en hoe dit gebruik kan word om byvoorbeeld Wiskundigevaardighede te ontwikkel. Die kenner is onderwyskundige Marise Oberholzer.
↧
Groeipyne
Hoe gemaak as my kind wil tou opgooi met 'n buitemuurse aktiwiteit of stokperdjie. Francois du Plessis, 'n karate-instrukteur, gee raad oor hoe om kinders te motiveer om deur te druk wanneer die buitemuurse aktiwiteit uitdagings aan die kind begin stel.
↧
Groeipyne
Hoe kan terapeute jou kind help wanneer dinge nie goed gaan by die skool nie? Ons kenner is spelterapeut Wietske Boon.
↧
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met kenners oor Fetale Alkoholsindroom (FAS), spesifiek oor die potensiaal van ouer kinders en tieners wat hieraan ly.
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met kenners oor tienerswangerskappe. Twee maatskaplike werkers vertel hoe ouers en versorgers die situasie moet hanteer, wat die regte van albei ouers is, en die moets en moenies van hoe die situasie in die skool hanteer kan word.
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met dr. Susanne Jacobs oor hoe om skeidingsangs by kinders te hanteer.
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met Ine de Vries, 'n voorligtingsielkundige, oor hoeveel skermtyd toelaatbaar is vir kinders.
↧
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met kliniese sielkundige Willem de Jager oor Oppositional Defiance Disorder (ODD), wat as 'n teenkantingsindroom by kinders voorkom. Dis kinders wat oor die algemeen moeilik is en altyd gesag uitdaag.
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met maatskaplike werker, Katinka Pieters, van die organisasie ABBA Adoptions, oor hoe al die kompleksiteite met ouer kinders wat aangeneem is, en hoe gemaak as jou aanneemkind vra om sy of haar biologiese ouers te ontmoet.
↧
Groeipyne
Johan van Lill kyk na die oorgang van laerskool tot hoërskool, en hoe ouers en versorgers dit kan hanteer.
↧
Groeipyne
Johan van Lill gesels oor kinders se algemene kennis, en hoe om kinders nuuskierig te maak. Adinda vermaak, die samesteller van die boek, VRAE EN FEITE VIR NUUSKIERIGE AGIES, verduidelik hoe ouers en versorgers die boek kan gebruik om kinders aan die lees te kry.
↧
↧
Groeipyne
Johan van Lill kyk na obesiteit by kinders. Hoe kan ouers dit voorkom en hanteer? Watter rol speel 'n passiewe leefstyl as 'n bydraende faktor tot die probleem?
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met sielkundige en seksoloog dr Marelize Swart oor hoe om met kinders oor seksualiteit te gesels. Watter inligting is ouderdomsgepas?
↧
Groeipyne
Johan van Lill praat met Lourens van Niekerk, die terapeutiese bestuurder van Childline in Noordwes, oor hoe geslagsrolle in gesinne 'n rol kan speel by geweld teen vroue en kinders. Watter rol speel 'n oordrewe fokus in die gesin en samelewing op sogenaamde manlikheid? En wat is die negatiewe impak van verbale geweld op gesinne?
↧